22 Julie 2014. Dinsdag.
 |
Katapola tot Aigialis |
Ons besluit ons gaan besoek die chora (dorpie op die heuwel) voordat ons vandag vaar. Ons klim die bus en ry daarheen.
 |
Katapola vanuit die bus |
Dis 'n pragtige dorpie en ons loop daar rond. Kyk hier en bewonder daar. Die sweet tap ons af, maar ons doen ons ding.
 |
Archie, Ansu en Gerrie |
 |
Blou |
Later loop ons verder in die bloedige hitte na die klooster in die rotse. Die pad daarheen is gevul met die een mooi uitsig na die ander.
 |
Die pad is lank ... |
 |
... maar die uitsig is jou beloning |
 |
Blou baai |
Die klooster is so gebou dat niks en niemand hulle kan oorrompel nie. Dis hoog op en ons swoeg en sweet die trappe uit.
 |
Klooster teen die krans |
 |
Amper daar |
Voor ons die klooster kan betree, moet jy geskik geklee wees. Mans moet langbroeke dra en vrouens toe skouers en rokke. So, dit beteken dat Archie 'n oorgroot langbroek van 'n vreemde weldoener moet leen en aantrek. Toe lyk hy soos Dawid Sekels.
 |
Gert en Dawid Sekels |
 |
Ingang na klooster |
Die hele klooster binne is baie interessant. Die rots vorm een van die mure. Trappies is so half uit die rotse gekap. Aan die einde gee die priester in swart, met die baard, vir ons 'n glas yskoue water, 'n knertsie geurige likeur en 'n lekker.
Ons neem die bus terug na Katapola en maak klaar om na Aigialis (36°54.354 N, 25°58.544 O), 10 myl verder te vaar. Die see lyk heel anders as gister en ons is verlig en dankbaar. Geen lewensbaadjies vandag nie!
 |
Hoë kranse |
Ons gooi anker en soos gewoonlik het ek en Archie 'n woordewisseling oor die saak. Ons baklei soos kat en hond. Arme Gerrie en Ansu.
Die laatmiddag is loom en lok vir Gerrie en Ansu dorp toe. Hulle klim-val, gelukkig sonder voorval, in Dinkie en roei weg. Hulle hou hul lyf aasvöel en kom net betyds vir ete terug.
 |
Aigialis |
Die Griekse aande het 'n bekoring van hul eie.
 |
Bekoorlike Maja |
No comments:
Post a Comment