Monday, June 23, 2014

Daskalio Eiland. Anker.

23 Junie 2014. Maandag.

Ioannou Baai tot Daskalio Eiland

Na 'n heerlike nagrus vertrek ons eers 10:00 na Daskalio Eiland (38° 07.105 N, 22° 59.213 O). Dis 'n baie kort dag, net 6 myl.

Bar en droog
Droog en bar

Gus waai liggies en ons span die seile en seil rustig na ons bestemming. Te gou is ons daar en die omgewing betower ons. Ons gooi anker en ons het 'n 360⁰ uitsig. Ek en Archie klim in Dinkie en roei land toe. Die baai is baie mooi van bo af. Ons kyk en kyk en waardeer en verstom ons aan die mooi.

Baai vanuit bouvallige villa
Maja en my man

Ons roei na die ander klein eiland toe en kyk en kyk weer en waardeer en verstom ons weer aan die mooi. Maja lê daar ver op anker. Seemeeue vlieg rond en skree en gil en raas. Die eiland is hulle broeiplek.

Pragbaai met Daskalio Eiland agter
Seemeeue in vlug
Jong meeue

Toe is dit Dirk en Rika se beurt om die mooi te gaan sien. Ek en Archie koel af in die water. Dit word warm hier in Griekeland.

Kleurvolle fynbos

Die vreedsaamheid van hierdie ankerplek word geniet en waardeer.


2 comments:

  1. Hallo julle!

    Wat n pragtige baai, meeue, fynbos.Het ek genoem hoe pragtig die baai is?...

    Geniet die skoonheid daarvan!

    xxxElize

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi. Dit was 'n besondere mooi baai. Ons geniet die skoonheid.

      Delete