Tuesday, September 3, 2013

Vonitsa. Dag 129

3 September 2013. Dinsdag

Lourosrivier tot Vonitsa


Ons gaan vandag na Vonitsa (38º 55.289 N, 20º 53.168 O), net 9 myl. Die dorpie is ook in die Golf van Amvrakia.

Oggendskoot - Molshope



Die see hier wemel van aktiviteit. Visse spring, voëls vlieg, pelikane swem doer ver en die water beweeg en borrel van ek weet nie wat alles nie.

Pelikane



Ons vaar rustig deur die vlak water (5 meter) en later word dit darem dieper. 'n Flotilla (dis seiljagte wat in 'n groep vaar, onder leiding van 'n jag met 'n ervare kaptein, wat hulle van plek tot plek neem) kom van voor af.

Boomryk
Stert van die flotilla



Die golf is omring met berge en laat my dink aan die Golf van Kotor, maar nie so indrukwekkend nie.

Ons gooi anker by die dorpskaai, die wind waai ons skeef terwyl Arch tru, maar gelukkig kom 'n weldoener aangedraf tot ons redding. Die ou op die boot langs ons, sit en vreet en hy verwerdig hom nie om te help nie. Hy is nie 'n rêrige seiler nie, want ons bootmense help mekaar.

Dorpskaai
Rus 'n bietjie



Ons stap na die ou kasteel toe, maar daar is 'n groot slot op die hek. Dit is net oop van 07:00 tot 14:30.

Kasteel


Geluk met jou verjaarsdag, Francois!

Published with Blogger-droid v2.0.10

2 comments:

  1. Baie Dankie mis julle

    ReplyDelete
  2. Hi Julle

    Nou ja, vannaand hou ons Francois se party by Baas hulle. Het probeer Skype.

    boodskappe:

    Giddo: Hi, ons verlang vreeslik baie, mis die vroue etes. Hoor julle het maar wind gehad, bly julle het oorleef. Hoop dis net plain sailing vorentoe. Sien julle een van die dae en verlang baie. Brigida

    Laains: Hallo Marietjie en Arch. Ons kuier lekker saam met Francois, Gerrit en Roelien hier by Mariette. Ons vier Francois se verjaarsdag. Ons het heerlik gebraai verlede Sondag met Gerrit se verjaarsdag vir sy 21st. Almal was daar by Kubali en het julle baie gemis. Ons lees van al die ontberige en lekker tye en ons voel terselfde tyd jaloers en simpatiek. Yolandi het nou vir 10 dae hier gekuier en Issabell is 9 maande en stap al alleen en sy is baie oulik met boste en boste hare...blond. Dennis het my vandag verras van Mosambiek af en gaan eers Sondag terug. Ons het almal deurgeloop met maaggriep maar almal is weer gesond. Flawelaan is intussen na happy hunting ground, ma was maar in 'n toesand. Ons het al ons shows geboek by aardklop, ons gaan smokey en pussycat sien. Verder gaan dit goed en ons verlang. Baie liefde. Laains

    Dennis: Stuur groete

    Francois: Liewe Ma (die Ma). Dankie vir die gelukwense. Cheers

    Roelien: Roelien se dieselfde.

    Gerrit: se dieselfde as Roelien...

    Pa: Hi julle. Ons is weer midde in 'n party. Julle mis nou baie geleenthede. Die proviant is min en die geld is op. Julle moet lekker seil. Geniet dit, die tydjie raak min en ons verlang na julle. Dit gaan goed. Groetnis. Pa

    Ma: Marietjie, julle tyd raak min. Ons verlang baie en ons sien julle een van die dae. Ek mis vir ou Flaffie baie, maar daar is 'n tyd om te kom en ook te gaan. Liefde groete. Groete vir Archie. Ma

    Mariette: Ek is besig om Francois en Roelien se troue te reel. Ek maak die rok, Baas doen die spit en die monster ding, Ansu en Woen is die DJ's, Gerrie neem die fotos. Francois moet net die ring koop. Julle moet vinnig terugkom om die troue te maak. Baie liefde MHM

    Basie: lees die ander e-mail.....

    Clarize: Wanneer trappe. Ek wil trappe klim. en nog trappe klim. en nog trappe klim (julle moet nou maar terugkom, Clarize wil ernstig julle trappe klim!)

    Reigardt: rhagh meome en jeooll he (?)

    Nou ja lekker bly, my vingers is nou af getik en die party is verby.

    Gerrie en almal!





    ReplyDelete