Friday, September 27, 2013

Piran. Dag 153.

27 September 2013. Vrydag.


???


Klein Dubrovnik? Of miskien klein Venesië? Nee, ek praat van Piran in Slovenië.

Ons ry met die bus soontoe. Dit reën nog elders, maar hier by ons in Koper is die weer baie dik. Ons pak maar ons reënbaadjies in en hou styf duimvas dat dit onnodig is.

Die dorp is 'n juweel van Venesiese en  Gotiese argitektuur. Dit is op die punt van 'n nou skiereiland gebou. Die naam, Piran, kom van die Griekse woord, pyr, wat "vuur" beteken. In die verre verlede was vuur in Punta vuurtoring aangesteek om skepe die weg te wys na die hawe van Koper.

Ons stap boontoe, na die muur van die dorp. Die muur is 200m lank en dateer uit die 15de eeu. 

Muur
Archie bo-op die muur



Van bo af, lyk Piran amper soos Dubrovnik. Ons sien die Katedraal van St George, wat wag hou oor die dorp. Dis net jammer dat die son vir ons wegkruip. Ons vat die pad af na die dorp.

Dubrovnik?
St George Katedraal



Ons loop deur die nou, krom straatjies en kom heeltyd by die see uit, wat weerskante van Piran verby gly. Dit is 'n lekker plat see dié, net soos ek van hom hou.

1ste Mei Plein
1ste Mei Plein met Guiseppe Tartini se standbeeld



Vandag was dit weer lekker om 'n toeris te wees en al die besieningswaardighede te besien. Ons klim die bus en gaan terug na Koper.

Ons dink aan Maja

Dit het toe nie gereën nie.


Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Halo julle!

    Eks bly julle het toe met nuwe lewenslus en entoesiasme die nuwe dag ingegaan.

    Aah, weer n muur! Die rooi dakke, die kerke en die see rondom die dorp lyk, nes jy se, baie soos by Dubrovnik. Die mure bly maar indrukwekkend en interessant. Die muur en rooi dakke laat my baie aan Kroasie se dorpe en stede dink.

    Julle sal seker altyd met ander oe na die see en seiljagte kyk. Seiljagte - julle blyplek, en wonder hoe dit met Maja gaan. Die see - is dit plat, deinings, rof, le wind of seil wind.

    Geniet julle laaste dae
    Liefde
    Elizexx

    ReplyDelete