Friday, September 27, 2013

Koper, Slovenië. Dag 151, 152.

25, 26 September 2013. Woensdag en Donderdag

Venesië tot Pula (Geel) en Pula tot Koper (Wit)

Om 16:00 klim ons die bus na Koper in Slovenië. Die busrit is mooi en ons geniet al die draaie, berg-op en berg-af, die bosse en die see. Ons kom 19:10 in Koper aan en 'n vriendelike vrou wag ons by die park in en begelei ons na ons kamer.

Ons is nou veronderstel om opgewonde toeriste te wees, maar die entoesiasme ontbreek. Dis eintlik so half 'n anti-klimaks na die seil. Niks is vir ons vreeslik mooi nie en die weer is 'n weerspieëling van ons gemoedstemming - effe mistroostig en liggies bewolk.

Ons stap in Koper rond en geniet tog later dit wat die dorp ons bied.

Presernov Plein
Da Ponte Fontein (1666)
Stadstoring  (15de eeu) en Katedraal
"Cathedral of the Assumption"
Praetorian Paleis
Ou huis
Ou gebou
Straattoneel

Hulle voorspel reën, en nie elders nie ...




Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Halo julle twee!

    Dit lyk of julle nou baie verlang, na n lang en suksesvolle 6 maande op reis. Ek wonder of julle na Maja verlang of na SA en of julle net moeg is. Hoe dit ook al is, eks bly julle kon toe tog die dag geniet. Koper lyk na n mooi dorp met mooi geboue.

    Ek hoop julle slaap lekker en staan more vol nuwe lewenslus op.

    Liefde
    Elize xx

    ReplyDelete