Friday, August 9, 2013

Koebaai Kroasië. Dag 103

8 Augustus 2013. Donderdag


Vandag groet ons vir Kroasië.

Ons het vir ons kuiergaste, wat saam met ons geseil het, gevra wat vir hulle die hoogtepunt van hulle kuier in Kroasië was. Hulle het so gesê:

Bushy en Grietjie het van Dubrovnik gehou.

Dubrovnik
Dubrovnik




Fanie én Elize het albei Hvar se kaai "vibe", dorp en strand geniet. Na baie dink, het Elize besluit dis eintlik Split.

Hvar
Langbeen-sit op Hvarkaai
Split



Michelle én Anika het die meeste van Korcula gehou.

Korcula
Anika en Michelle 



Gerrit het van Dubrovnik se mure en die oorlogmuseum gehou.

Dubrovnik
Gerrit in oorlogsmuseum



Archie geniet die rustigheid van die ankerplekke die meeste.

Stil oggend by L Lucina ankerplek


Ek is absoluut betower deur die Blougrot en Komiza op Vis Eiland.

Komiza, Vis Eiland
Blougrot

Kroasië is bobaas!

Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Hallo Julle! Dis interessant om te lees wat is almal se hoogtepunte. En so word daar met julle seilery aan almal se behoeftes voldoen. Ek is seker almal wat tot sover by julle gaan kuier het, het dit ontsettend baie geniet! Lekker seil, bly die wind was rustiger as laas. Liefde xxElize

    ReplyDelete