21 Augustus 2013. Woensdag.
![]() |
Orikum Marina tot Sarande |
Dit is net stil in my. Ek het geen woorde nie, net verligting en dankbaarheid. Ons is hier in Sarande, 61 myl verder en 12h32min later.
Sonop - twee ure na vertrek |
Oggendskoot - Visvang |
Oppad - Vistrailer |
Oppad - Bergagtige kuslyn |
Oppad - Berge is tot 2000 m hoog |
Aankoms in Sarande |
Ek het nou die koesterende teenwoordigheid van my lawaaierige familie nodig.
Maar gelukkig is Archie darem hier...
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo julle! Ai, eks so dankbaar saam met julle dat julle daar is! Wat n vaart, 12 en n half ure is verskriklik lank. Die sonsopkoms is pragtig so met die pienk kleur. Behalwe Fanie se visvangery, is dit die eerste keer dat mens visvangbedrywighede sien. Die berge is pragtig, en mens kan nie glo nie, 2km hoog, dis 5x om die atletiekbaan! Ja ons lawaaierige klomp sou nou graag by julle wou wees. Soos jy se, gelukkig is Archie daar. Het julle darem n glasie geklink om julle aankoms te vier, of was julle te moeg? Griekeland is nou nie meer ver nie. Ek wens julle n lekker diep slaap toe,sodat julle more met nuwe ywer die laaste stuk Griekeland toe kan aanpak. Of gaan julle eers n dag rus? Wel, hoe ook al, mag julle n goeie nagrus he!
ReplyDeleteLiefde
Elizexxxx
Hi Krieks
ReplyDeleteJy het 'n bietjie terapie nodig. Die fam is Sondag by Kubali vir jou kinders se kuier. Die opvangs is seker nie so goed nie, maar ons kan probeer Skype so 13:00 - 15:00 Sondag.
Die plekke daar lyk maar on-vakansierig. Griekeland sal seker stukke beter wees.
Vasbyt en groete vir die ARK
Gerrie