30 Augustus 2013. Vrydag.
 |
Gaios |
Daar is 'n trop perde op die see, met wit maanhare. Gus laat hulle galop asof hulle aan die "July Hadicap" deelneem.
Ons besluit om nog 'n dag by Gaios te bly.
 |
UItsig van Maja se dek |
 |
Ou gebou |
 |
Middagskoot - Amper daar |
 |
Eilandkerkie |
Die hoogtepunt van die dag is toe ons 'n laatmiddagstaptog neem, al langs die see en later deur die ou olyfboorde stap. Daar is 'n ouwêreldse bekoring in die boorde. Hulle staan daar, trots met hulle nuwe oes, klein olywe wat wag op die volheid van ryp word.
 |
Olyfboord |
 |
Veteraan in murasie |
Dit voel platteland, landelik, ver weg van Maja en die wind en die see. Ek is na aan die aarde, die reuk van die grond vul my sintuie. Ek is weer déél van die aarde. Ek wórd aarde!
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo Julle! Eks bly julle het nog n dag gebly en nie die see saam met Gus aangepak nie. Die straat is lekker besig. Die ou gebou soos altyd mooi. Die klein eilandjies met die kerkies is altyd vir my so besonders. Dit lyk so lekker om deur die olyfboord te stap. Ek weet hoe geniet julle, veral jy, dit om so in die natuur te kan stap, met die dat jy een word met die aarde.
ReplyDeleteGeniet die dorp
Liefde
Elize