Friday, July 5, 2013

Spesiale uitgawe!!! Dag 69

Dubrovnik tot Prozura


So vaar ons met glorie uit Dubrovnik se Marina. Ons gooi so maklik diesel in soos: "Maak self vol asb." 

"Maak vol, asseblief"

Ons vaar in die rivier af, oppad na die see. Die wind lyk goed van agter en ons span die hoofseil.
Gerrit neem die helm en oortree die spoedgrens, vaar 6 knope in 'n 4 knope zone. Net voor die padbrug is Maja wind-af, onder vol hoofseil, 16 knope wind en seil teen 6 knope.

TOE kom 'n sterk Gus van meer as 35 knope van die sykant en toe gebeur alles tegelyk.

Maja lê oor na port (links) so erg dat die water oor die rand van Maja stroom. Sy draai self 180º na starboard (regs). Gerrit probeer regstellend stuur, maar kom gou agter dat dit niks help nie. Hy bly kalm en bring die boot in die wind in en Maja stop. Dit het alles in die ewigheid van omtrent 5 sekondes gebeur.

Gerrit- Bly kalm en al waaraan hy kan dink is om die boot in die wind te kry en te stop.

Archie - Op die dek en klou vas vir sy lewe en sien hoe kom die seil al nader aan die water. Hy kan nie onthou of die hoofseil in die water was nie. "Scary shit". Hy trek die boom in.

Michelle - Sy sien 'n wit flits deur die luik, dit was die hoofseil oppad see toe! Sy hou in "surf" styl aan die wasbak en kapteinstafel vas. Sy het gedink ons gaan omwaai en rol. Sy hardloop uit en gaan katrol die hoofseil in.

Anika - Sit in die saloon aan port kant.Toe Maja kantel, probeer sy starboard kant toe. Al Archie se sjokolade reën van die rak af op haar kop. Sy kyk benoud deur die bo-luik hoe Michelle katrol en skree: "Moenie inval nie!"

Ekke - Ek het gedoen wat ek die beste kan doen - lank en deurdringend gegil. Hou vas aan die traplening en kapteinstafel. Kyk na buite, sien vir Gerrit agter die helm en skree: "GERRIT, mooi Gerrit"! Ek het regtig gedink dat Maja gaan rol.

Die naskok - Almal sit op die dek, grootoog. Almal van ons het gedink Maja gaan omrol. Ons praat gelyk en vertel vir mekaar van die belewenis. Adrenalien het deur almal se are gespoel. Opwinding, maar meer as alles, verligting en dankbaarheid.

Vir die res van die dag kry ons goeie winde en ons benut dit ten volle. Ons kom by Prozura (42° 43.870' N, 17° 38.971' O, 23 myl) op Eiland Miljet vroeg aan en gooi anker vir die eerste keer.

Baai by Prozura


 Na 'n uur of wat en 'n lekker swem en smul aan 'n koue waatlemoen, besluit die kaptein dat ons miskien te na aan die land is en ons trek na 'n beter posisie. 

Waatlemoen lafenis


Alles lyk goed totdat 'n boot aan 'n boei naby ons kom vasmaak en ons besef daar is 'n kans vir 'n botsing indien die wind sou verkeerd waai. So vir 'n derde keer is die anker gelig en ons skuif 20m weg van die boei.

Ons is uitgeput en almal sien uit na 'n goeie nagrus.


Published with Blogger-droid v2.0.10

6 comments:

  1. Hi Julle

    Ek kan nogals die konstenasie sien...en hoor, veral hoor!! Maar julle is mos maar die avontuurlustige tipe.

    Wel, klink darm of Maja goed ontwerp is (en die stuurman was NIE aan wal nie - mooi Gerrit).

    Bly julle is nog OK... en aan boord!

    Lekker dag
    Gerrie

    ReplyDelete
  2. hallo julle! sjoe wat n seil! ek kan my voorstel hoe alles gebeur! genade, water stroom by Maja in! knap gedaan aan al d bemanning. gerrit wat so kalm presies weet wat om t doen en Michelle wat vining optree, jy wat skree en vir gerrit skree-komplimenteer,arch wat ek glo orals was en anika wat vermaan. sjoe, ek dink julle is sommer nou doodmoeg, emosioneel uitgeput. mens sal moet waterdigte sakkies vir d paspoorte en geld kry, wonder of seilwinkels dit sal verkoop? eks baie dankbaar dinge het nie skeefgeloop nie, dat julle almal veilig is! ek vertrou dat julle sonder voorval verder sal vaar. liefde xxxxelize

    ReplyDelete
  3. Jong julle moet stadig oor die klippe. Swem was nog nooit Anika se sport nie!

    Bly alles het goed uitgewerk. Daar moet darem soms so ietsie opwindend gebeur.

    As julle weer wil sink bel maar ons ry met Sprnkaar en kom red julle.

    Phillip

    ReplyDelete
  4. mag julle almal heerlik slaap na so n uitputtende dag. zzzElize

    ReplyDelete
  5. Hey tannie, Sunelle weer. Ek nou net n boodskap gestuur en sien dit nou nie :( Ek is tans in Zadar Marina tot Mndag. Sien op di blog julle het gister dubrovnik verlaat, maar sien julle was reeds in Split so weet nie of Zadar op julle seilpad die volgende 3 dae is nie. My nr is 0044 79 316 27224 of mail sb@outlook.com xx

    ReplyDelete
  6. Sjoe ek is trots op Gerrit wat so koelkop is en die situasie gered het..Bly julle bemanning is almal steeds aanboord en reg vir die volgende dae se avontuur!!.Veilig vaar Groete Esther

    ReplyDelete