Saturday, July 13, 2013

Sibenik, Prvic. Dag 75, 76


Primosten tot Sibenik

Ons verlaat Primosten 09:00 oppad na  Sibenik (43º44.053 N, 15º 55.388 O). Dis 'n skrale 11 myl. Ons vaar tussen eilande, die ritmiese geprrr van die motor hoorbaar. Ek dink nogal 'n seiljag se motor is belangriker as die seile.

Fort by rivieringang na Sibenik

Ons kom so 12:00 by Sibenik aan en meer vas by die dorpskaai. En gewapen met hulle handsakke en sonroom vaar die meisies die dorp in. (Anika se pa gaan al die pad bank toe huil). Michelle se geldjies is aan die opraak. Dis net Gerrit wat sy beursie styf toehou.

Dorp toe
Ou trappies 

Nou straatjie
De Deur
De Venster


Die meisies sleep my saam om die rokkies te sien waarvan hulle hou, eintlik Michelle, want Anika het reeds op Primosten gekoop. Michelle pas omtrent tien rokke aan, maar koop niks. Sy moet eers daaroor dink.

Ons sit op Maja rond en kyk hoe die ander bote vasmeer. Ons kyk vir die mense wat verby stap. Eintlik kyk ons vir hulle en hulle kyk vir ons. Ons loop in die dorp rond. Rustig, niks jaag ons nie. Die aand sleep ons die mans saam rokwinkel toe. Michelle pas vir hulle die mooiste rok aan en ons stem of sy moet koop. Vier stemme vir koop en een daarteen (Gerrit). En sy koop!

Ek en Archie gaan kyk 'n konsert wat eers 21:30 begin. Ek is gek na sulke "gewone mens" konserte. Daar is baie "locals" by die konsert, en ek sien die hart van dié land se mense. En ek hou van die mense.



Sibenik tot Prvic via Krka-valle


Die volgende oggend is ek en Archie vroeg op. 06:00 maak ons toue los en ons vertrek oppad na die Krka-valle toe. Michelle en Gerrit steek hul koppe by die deure uit om hulp aan te bied, maar ons is klaar los en motor al. Hulle gaan lê weer.

Ons motor in die rivier af en kom 08:00 daar aan. Die kinders gaan Krka-valle toe en ons bly op die boot, want ons het reeds die Krka-valle saam met Bushy en Grietjie (Dag 3) besoek.  'n Familie swane kom kuier.

Swaan familie


12:00 is die kinders terug en ons pak die terugtog aan rivier-af. Ons kom 16:30 by Prvic (43° 43.402 N, 15° 47.905 O) aan en gryp 'n boei. Dis 'n klein dorpie en ons stap die dorpie in 'n japtrap kaf.

Prvic 
Kleurvolle klomp
Ankerplek by Prvic


Ons speel kaart en woord-speletjies en stry en gesels op die dek.

Die kinders se tyd raak min!!


Published with Blogger-droid v2.0.10

2 comments:

  1. Dit is n ongelooflike voorreg! hoop dai kinders drink alles in en waardeer elke oomblik! Marieks ek is nie so bedrewe met die rekenaar nie, en Phillip het gese hy sal jou geluk wens en het nie!(stout)Baie geluk met jou verjaarsdag, wat was en ek is ook baie bly oor die wonderlike geskenk (blougrot) Mag dit ook vir jou n baie geseende, gelukkige jaar wees. jy verdien die beste! baie dankie vir die heerlike update!, dit is so lekker om die mooi saam met jul te geniet!Baie dankie dat jul so goed is vir ons kind. Sy lyk uitgespaar en gelukkig! Hier gaan die lewe sy ou gang! niks opwindends nie! geniet die laaste paar dae saam met die kinders! groete phillip en anita

    ReplyDelete
  2. Sorry Archie...en toe trap die Stormers die Bulle die naweek... ten minste lyk dit pragtig daar by julle!

    Lekker dag
    Gerrie

    ReplyDelete