Monday, April 22, 2013

"Magic" in marmer

Ons het vandag  van Roussillon, waar ons vier nagte oornag het, na Les Baux-de-Provence vertrek. Hier is 'n klou-koue in Provence. Die koue klou orals vas. Jy kan dit nie afskud nie. Dit verander dan na 'n klim-koue. Dit klim in jou klere, jou hare, jou ore. Ons het die weer trotseer en na díe middeleeuse dorpie gaan kyk.
Les Baux is gebou op 'n hoë berg.
Les Baux met die kasteel op linkerkant

Die reünes van 'n middeleeuse kasteel is 'n trekpleister vir amper 'n miljoen besoekers per jaar. Díé jaar is ons deel van die miljoen. Gewapen met 'n audio-apparaat wat vir jou alles van die dooie stad vertel, loop ons in die plek rond. Ek word weggevoer na die 13de eeu. Die fort is in 1633 grootliks vernietig. Die wind het ons amper van die berg afgewaai.









Baie meer dramaties was die marmer gwarries naby Les Baux.   Die fênsie naam is "Cathédrale Des Images". Dis eintlik 'n ondergrondse marmermyn, met groot kolomme wat die dak stut, waarin hulle met klank en film, kunswerke van bekende kunstenaars teen die marmermure vertoon.
Dit is "MAGIC" IN MARMER.
Ek het in my hele lewe nog nooit so iets gesien nie.  Jy wil graag oral gelyk kyk, maar dis te groot. Op elke muur is 'n ander beeld wat beweeg en verander. Die baaaie groot beelde is oral om jou. Jy word opgeslurp en oorweldig.

Cathédrale Des Images

Cathédrale Des Images

Cathédrale Des Images

Cathédrale Des Images

Cathédrale Des Images






6 comments:

  1. Hi Julle

    Lyk my ons bly hier maar op 'n "nuwe" ou molshopie. Dit lyk amazing. Het eergisteraand by Basie hulle so bietjie deur die blog geblaai, ons het dit vreeslik geniet, moet nog vir pa-hulle wys.

    Geniet en groete
    Gerrie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Gerrie. Dankie vir al jou kommentaar. Dis lekker om te weet jy reis saam met ons. Wys asb. vir Ma en Pa ook die foto's. Groete. Arch en Marieks.

      Delete
  2. Sussie! Roussillon (rooi (oker) dorpie), L'isle-Sur-La-Sorgue (klein eiland in die Sorge rivier), Fontaine-De-Vaucluse (dis 'n mooi blou wat die rivier daar is ne - iets besonders - het julle hier teen die berg opgestap na die blygrotte bo in die berg en die fontein se oorsprong?) en natuurlik Les Baux-de-Provence = ALMAL stunning!!!! Nou ja nou het my weer laat verlang na al hierdie oulike plekke, maar ek het nie die katedraal van beelde gesien nie - dis definitief nou op my lysie ! Ek gaan hierdie jaar letterlik net 'n dag in Provence deurbring (Toulon en Cassis). DANKIE VIR DIE PRAGTIGE FOTO'S VRIEND EN VRIENDIN!! Ek geniet jou griffels baie - dis die eerste ding wat ek na kyk as ek van die werk af kom. Doen so voort! Groete Deidre.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Deidre. Bly jy geniet die blog. Dankie vir jou kommentaar. Ons het opgestap na die oorsprong van die fontein.Ons wens jy kan van die ervarings saam met ons beleef.Groete uit Provence.Arch en Marieks.

      Delete
  3. Hmmm, so dit is hoe mens vir jou en Archie in 'n kunsgalery kry! Maak dit net baaaie groot en van klip. Alles lyk heel interessant. Groete. Leon

    ReplyDelete
  4. haai julle! ek kyk nou weer deur al julle fotos. dis so pragtig! die marmer katedraal en die katedraal des images is besonders. ek wens ek kon ook daar wees, maar darem ervaar ek dit saam met julle deur die fotos en kommentaar. enjoy!! xxxElize

    ReplyDelete